Jy voor ek
May 16, 2021 • Petrie Spies
Ons almal kom in 'n verhouding in met 'n “lys” van drome, ideale en verwagtings. Hierdie dinge op die lys is as gevolg van besluite wat ons geneem het, hoe ons groot geword het asook wat ons beleef het in verhoudings. Die gevaar is dat ons begin eis dat die ander persoon moet voldoen aan hierdie verwagtings en ons mis ons verantwoordelikheid om hulle lief te hê soos Christus.