Nooit Opgee
Jun 13, 2021 • Petrie Spies
Ons leef in ʼn samelewing waar baie dinge weggooibaar en herwinbaar is. Baie mense begin ook so dink oor die huwelik en die gevaar is dat ons siening nie dieselfde as God s’n is nie. God dink in terme van verbond en sien die huwelik nie as ʼn verhouding wat weggooibaar is nie. Ons het nodig om anders oor die huwelik en ons verhouding met God te dink.