Nuutste Preek
Brûe na Jesus | Petrie Spies | Een vir almal (Deel 4)
Wie ons is bepaal wat ons doen. As volgelinge van Jesus verwag Hy nie dat ons net meer diensbaar moet wees nie – dit is wie ons is as kinders van God. Ons diensbaarheid is egter nie net om te dien nie, maar om brûe te bou na Jesus self. Ons wil Hom bekend maak. Ons dien mense met Jesus en ons deel Jesus met mense.
Dienstye
Sondag Oggend
08:30 en 10:15
Sondag Aand
18:30
08:30 en 10:15
Sondag Aand
18:30
Kom en geniet die dienste saam met ons!
Ons aanlyn dienste vind plaas via die Kerk Aanlyn platform en ons YouTube kanaal soos bogenoemde tye.
Nuut by Ons?
Welkom by Bloemfontein Baptiste Kerk, maak nie saak waar jy jouself in jou geestelike reis bevind nie. Of jy nuut tot kerk is en of jy miskien al vir baie jare 'n Christen is wat 'n vars begin wil maak, jy is meer as welkom by ons. Ons hoop dat jy hierdie gemeente as 'n plek sal ervaar waar jy 'n vars en genotvolle verbintenis met God en ander mense sal kan maak.