Vrygewigheid vs Selfsugtigheid

Oct 9, 2022    Willie de Beer

Om te GEE, is vir die meerderheid van ons as mense moeilik om te doen. Van kleins af wil ons meer vir ons self hê as vir ander. In die huwelik en ons verhoudings is dit wel baie belangrik dat ons weer herinner word aan die belangrik beginsel van VRYGEWIGHEID. Die beginsel kom leer Jesus vir ons. Om te wen in die huwelik is slegs moontlik wanneer ons vrygewig is, eerder as selfsugtig. In die boodskap kyk ons na die voorbeeld van Jesus en hoe ons dit in die huwelik kan toepas.