Konflik Toetse

Sep 25, 2022    Petrie Spies

Konflik is 'n normale verskynsel in verhoudings, maar ons reaksie in konflik wys baie keer meer as net die situasie. Ons het almal dinge in ons hart wat na die oppervlak kom in konflik situasies en indien ons nie aandag gee aan hierdie dinge nie, kan ons verkeerde afleidings maak van die persone vir wie ons die liefste het en kan ons die geleentheid mis dat Jesus iets nuuts wil doen in ons lewe.