Liefde en Respek

Sep 11, 2022    Willie de Beer

Die mees algemeenste beginsels vir die huwelik is liefde en respek. Wanneer ons die skrif bestudeer en na die opdragte vir man en vrou in die huwelik kyk is liefde en respek die 2 primêre beginsels vir die Huwelik. Al die ander beginsels hang op dié 2 beginsels. Hoe respekteer ons mekaar onvoorwaardelik en bewys ons as man en vrou vir mekaar onvoorwaardelike liefde? Dit is slegs moontlik wanneer ons saam met die Here die pad stap.