Voed en Versorg

Oct 2, 2022    Willie de Beer

Vir enige iets in die wêreld om voor te bestaan is dit belangrik dat dit gevoed en versorg word. Wanneer hier die 2 beginsels toegepas word, skep dit ‘n omgewing waarin iets kan ontwikkel en groei. In die huwelik is die beginsel ook waar. Die vraag dan is hoe kan ons die huwelik so doen dat dit ‘n omgewing word waarin ons nie net kan wees nie, maar ook kan groei en ontwikkel in die man en vrou wat nog altyd bedoel het ons kan wees. Die hoofteks is Efesiërs 5:29 - Inteendeel, hy voed en versorg dit, soos Christus met sy kerk doen