'n Woord van Vergifnis
Feb 26, 2023 • Petrie Spies
Skuldgevoel is dalk een van die moeilikste dinge in mense se lewens en almal probeer op verskillende manier daarvan ontslae raak. God maak dit egter baie duidelik hoe ons daarvan ontslae kan raak en hoe God ons vergewe. In hierdie reeks gaan ons na die verskillende stellings kyk wat Jesus aan die kruis gemaak het en hoe elkeen iets van God se liefde vir ons openbaar en die belangrikheid wat die kruis vir ons inhou. Vandag kyk ons na die Woord van Vergifnis.