'n Woord van Oorwinning
Apr 2, 2023 • Willie de Beer
Dit is volbring. Die sesde kruiswoord van die Here Jesus. Hier op die einde van sy kruisigings proses, bevestig Jesus, in Johannes 19:30, dat dit wat Hy moes kom doen het, voltooid was. Wat dit presies was wat Hy kom volbring het, het vir my en jou groot waarde in hoe ons verhouding met God lyk. Die vraag waaroor ons moet dink is: ”Wat doen ek met hierdie geskenk wat Jesus vir my bewerkstellig het?”