Wat is my doel?

Apr 3, 2022    Willie de Beer

Die tweede vraag waaroor ons almal wonder is wat is my doel? Hoekom is ek hier? Net soos met ons Identiteit is dit belangrik dat ons nie na hierdie wêreld toe draai vir ons antwoord nie maar na ons skepper, ons god wat ons gemaak het. Ons kyk na 3 doele hoekom ek en jy hier is. Om God te ken, meer soos Jesus te word en om mense lief te hê. Lewe jy hier die doel van God vir jou lewe uit?