Wie is ek?

Mar 27, 2022    Willie de Beer

Alle mense wonder oor dieselfde beginsels. Dit mag dalk in verskillende kulture, ouderdomsgroepe en gemeenskappe anders verwoord word maar almal in wonder oor 4 primêre Vrae. In die volgende 4 weke gaan ons elke week na een van hierdie vrae kyk en mooi bestudeer wat die woord ons leer. Hierdie 4vrae ontwikkel in ons dan ook ʼn akkurate wêreldbeskouing, die manier hoe ons dink oor die wêreld en kyk na die wêreld!

Wie is ek? Hierdie vraag oor Identiteit is ‘n vraag wat elkeen van ons oor wonder of gewonder Wie ons is, word bepaal deur iemand en ons moet besluit wie dit gaan wees. Is dit dat ek self bepaal wie ek is? Is dit dat die wêreld bepaal wie ek is of is die Jesus. En prakties hoe lyk dit dan, is dit ‘n enkele gebeurtenis of word my identiteit daagliks gevorm?