Verjaarsdag VIERINGE
4 September 2022

Ons nooi graag almal uit om Sondag 4 September 09:30 en 18:30 saam met ons fees te vier!

 Dit is ons kerk se verjaarsdag en ons wil graag dankie sê vir 32 jaar en ons wil saam droom oor die toekoms.
Daar gaan net een oggenddiens en 'n aanddiens wees. Ons gaan na die dankdiens saam braai en saam kuier en ons wil graag weet hoeveel mense gaan saam eet. 
Gaan registreer asseblief vir die oggendete of aandete sodat ons vir die kos kan voorsiening maak. Ons sien uit dat jy saam met ons kuier!
 Indien jy net die diens wil bywoon, hoef jy nie te registreer nie.
Net een persoon per gesin of groep hoef te registreer. Voltooi asseblief net getal Volwassenes en kinders wat gaan eet per registrasie.

Registrasies het gesluit. Indien jy verandering wil maak of navrae het, skakel gerus vir Liezel of die kerk kantoor by
liezel@kerk.co.za of 051 451 1017