Registreer vir 'n Diens
Ons is beperk in die hoeveelheid mense wat elke byeenkoms in ons verskillende lokale kan bywoon, en daarom is dit belangrik dat jy VOOR Sondag vir ‘n spesifieke diens of byeenkoms registreer. Registrasie vir oggenddienste sluit Sondag oggend om 07:00 en vir die aanddiens om 16:00.
Kliek hieronder op die diens of bediening waarvoor jy wil registreer en vul die vorm in vir elke persoon (en kind) wat gaan bywoon. Let wel dat hierdie registrasie slegs vir eerskomende Sondag se dienste tel. Jy moet weer in die volgende week registreer vir daardie week se dienste. Registrasies open Dinsdae om 10:00.
Indien jou kinders saam met jou die erediens bywoon, moet hulle ook vir die diens registreer. Indien hulle een van die Kinder- en Tienerbyeenkomste bywoon, moet hulle vir daardie byeenkomste geregistreer word. Die registrasie is gekoppel aan ‘n byeenkoms in ‘n spesifieke lokaal.
Die eredienste is beperk tot 250 mense in die kerkgebou en 100 mense in die Timoteussaal.
Die diens word ook aanlyn uitgesaai en ons wil vra of ouers met kleiner kinders (jonger as 4) eerder die aanlyn dienste sal volg om die veiligheid van julle kinders te verseker. Ons kan op hierdie stadium nie byeenkomste vir kleiner kinders (soos die Speelpark) akkommodeer nie.

Kliek op die diens of bediening waarvoor jy wil registreer:
LET WEL: Die eerste 250 mense wat vir 'n diens opdaag, kan in die kerkgebou geakkommodeer word. Die Timoteussaal sal as 'n oorvloei lokaal dien sodra die kerkgebou sy kapasiteit bereik het, en kan 100 mense akkommodeer met 'n direkte uitsending van beeld en klank vanuit die kerkgebou.