Om ‘n KIeingroep te lei, is eenvoudig om ‘n plek te skep waar mense betekenis- en sinvolle verhoudings kan bou. Om ‘n groep te lei is nie gekompliseerd nie, en jy hoef ook nie perfek te wees nie. Ons sal jou help om jou Kleingroep suksesvol te maak. Mense se lewens word tree vir tree verander in hulle reis saam met Jesus, en saam met ander mense wat ook op reis is. As Kleingroep Leier kan jy ‘n belangrike rol in hierdie reis speel.