Registreer vir 'n diens of byeenkoms

Ons is beperk in die hoeveelheid mense wat elke byeenkoms in ons verskillende lokale kan bywoon, en daarom is dit belangrik dat jy vir ‘n spesifieke diens of byeenkoms registreer.

Kliek hieronder op die diens of bediening waarvoor jy wil registreer en vul die vorm in vir elke persoon (en kind) wat gaan bywoon.
 Jy moet weer in die volgende week registreer vir daardie week se dienste. Registrasies open Dinsdae om 10:00.

Die dienste word ook aanlyn uitgesaai op YouTube en Kerk aanlyn. Die Jabez huis is weer oop gedurende die oggende vir ouers met kinders 2 tot 3 jaar. Julle is welkom om die diens daar ook te kyk.

Kliek op die diens of bediening waarvoor jy wil registreer in die kalender hieronder:

LET WEL: Die eerste 750 mense wat  vir 'n diens opdaag, kan in die kerkgebou geakkommodeer word.  Die Timoteussaal sal as 'n oorvloei lokaal dien sodra die kerkgebou sy kapasiteit bereik het, en kan 100 mense akkommodeer met 'n direkte uitsending van beeld en klank vanuit die kerkgebou.