Onkologie Eenheid

Ons gemeente se betrokkenheid by die Onkologie Eenheid van die Nasional Hospitaal het aanvanklik begin toe ons hulle gehelp het om (i) 2 privaatkamers in te rig, spesifiek vir tiener kankerpasiënte, en (ii) om ‘n bestaande vertek te verander na ‘n biblioteek/kuierkamer vir die pasiëte. Hierdie werk is nou afgehandel.
Gedurende hierdie proses het ons gesien dat, op baie terreine, onderhoudswerk vir ‘n aantal jare nooit gedoen is nie. Die pasiënte in die Onkologie Eenhied word in Sale 20, 21, 28 en 29 behandel. Dit was duidelik dat deur net die bestaande fasiliteite en toebehore weer in ‘n werkende en netjiese toestand te kry, dit baie vir die versorging van die pasiënte en die moraal van die personeel sal beteken.
Ons voorsien dat ons betrokkenheid by die Eenheid dalk oor veel langer as net ‘n paar maande sal strek, en het daarom ‘n behoefte aan mense wat met die volgende kan help:

Ons het gevolglik mense/kontrakteurs nodig vir die volgende:
(Druk op die onderstaande kategorie om meer inligting te kry)

Benodighede:

Professionele Dienste

TV-stelle
  • Baie min van die bestaande TV-stelle word tans gebruik. Eenvoudige kragvoorsiening en die korrekte instelling is dalk in baie gevalle al wat kortkom. Daar is ook skynbaar beperkte DSTV-fasiliteite wat nie tans gebruik kan word nie
Lugversorging
  • Baie van die bestaande eenhede is tans buite werking. Sommige daarvan het dalk net ‘n behoorlike diens nodig. Sommiges moet dalk met nuwe eenhede vervang word.
Loodgieterswerk
  • Herstel van bestaande krane en toitel spoelstelsels
  • Uitloop en dreinering van gryswater (wasbakke, storte, baddens).
  • Baie van die afloopwater, dreinpype en mangate toon tekens van swak dreinering en moontlike verstopping.
  • Die hele Onkologie Dept het tans geen lopende warm water nie. Afhangende van die omvang om dit weer in werking te stel, is dit dalk iets waarmee ons behuplsaam kan wees.
Vloerbedekkings
  • Daar is veral in Saal 28 heelwat viniel teëls wat vervang moet word. In Saal 29 is die lasplekke tussen die vinielvelle al baie beskadig en ontbloot. Hierdie laste moet oorgedoen word.
  • Die keramiek vloerteëls in die Chemokamer van Saal 20 is al baie uitgebreek en beskading. Ons dink daaraan om dit met viniel of lamel-hout te vervang.
Plafonne
  • Daar is ge-isoleerde gevalle waar die plafonne waterskade opgedoen het en vervang en oorgeverf moet word.
Ingeboude Kaste
  • Baie van die bestaande kaste is oud en gehawend en ons wil graag met die proses begin om dit te vervang. Baie van die medikasie is skedule-medisyne wat toegesluit en beheer moet word. Dit beklemtoon die behoefte van behoorlik toesluitbare kaste.
Verfwerk
  • Alhoewel dit nie ‘n algemene probleem is nie, is daar ge-isoleerde gevalle binne die sale wat oorgeverf moet word.
  • Die verfwerk aan die buitekant (mure, vensters, fassies en geute) van die geboue is egter in ‘n baie swak toestand. Na skatting is dit seker 20-jaar laas geverf. Die ideaal sou wees om dit alles oor te verf.
  • Die idee is om ‘n hele paar kontrakteurs te betrek sodat elkeen net ‘n hanteerbare gedeelte hoef oor te verf.
Dakwerk
  • Die dakplate is al baie geroes, en behalwe vir ‘n paar lekplekke wat reggemaak moet word, is dit nog funksioneel.
  • Die geute, afvoerpype en fassies is egter in ‘n baie swak toestand. Baie herstelwerk en vervangings is hier nodig.

Indien jy meer inligting wil hê kontak vir Hans van den Heever

Vir die kontrakwerk kontak vir Joe Marais

Hierdie vorm kan ingevul word of jy kan op die onderstaande knoppie druk