Kleingroepe

Ons Kleingroepe is aan die gang

Ons groepe werk in kwartale en jy sal binnekort kan deel word van 'n Kleingroep waar jy sinvolle verhoudings sal kan bou met mense om te groei in jou verhouding met God.

Registrasie van Kleingroepe kan nou gebeur!!

Om ‘n KIeingroep te lei, is eenvoudig om ‘n plek te skep waar mense betekenis- en sinvolle verhoudings kan bou. Om ‘n groep te lei is nie gekompliseerd nie, en jy hoef ook nie perfek te wees nie. Kies ‘n onderwerp, ‘n gereelde tyd, en plek waar jy dit met ander kan deel. Ons sal jou help om jou Kleingroep suksesvol te maak deur hulpbronne en opleiding te voorsien, asook ‘n adresboek waar ander jou groep maklik kan ontdek. Mense se lewens word tree vir tree verander in hulle reis saam met Jesus, en saam met ander mense wat ook op reis is. As Kleingroep Leier kan jy ‘n belangrike rol in hierdie reis speel.