DissipelsKap:
Die Goeie Nuus van Jesus

Ons gaandie volgende paar weke op 'n reis gaan om die omvang van die Evangelie  te ontdek, en wat dit beteken om 'n lewe van missie te leef soos ons Jesus volg.

Kyk gerus hierdie video indien julle hierdie studie in julle Kleingroep gaan volg:

Ons wil graag tydens hierdie 21 Dae Vas en Gebed, ook Kleingroepe help om verder te delf in wat die omvang van die Evangelie is en hoe ons as volgelinge van Jesus ook 'n lewe van missie kan ontwikkel en uitleef. Jesus het ons gered, maar ook geroep.

"Hy het ons verlos en geroep met 'n heilige roeping..."

2 Timoteus 1:9 (AFR20)

“Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.”

Romeine 6:23 (AFR83)

“Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God 8wat Hy in al sy wysheid en insig so oorvloedig aan ons geskenk het.”

Efesiërs 1:7-8 (AFR83)

“Wat ek bedoel, is dít: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie.”

Galasiërs 5:16 (AFR83)

“Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.”

2 Korintiërs 5:21 (AFR83)

“God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus.”

Romeine 5:1 (AFR83)

“Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet. Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes.”

Kolossense 1:13-14 (AFR83)

Week 1

Die Begin van die Storie

Hoe beter ons die begin van die storie verstaan en waar vandaan ons kom, hoe beter verstaan ons hoekom dit wat Jesus gedoen het, Goeie Nuus is.

Week 2

Die Oplossing vir ons nood

 God het van die begin af 'n plan gehad hoe Hy 'n oplossing vir ons sonde kan bewerk. In hierdie studie kyk ons verder hoe God se plan werk vir ons om verlossing te verkry.

Week 3

Hoe om aan Jesus verbind te bly

Om ons lewe oor te gee aan Jesus is net die begin van die verhouding, maar daarna kan ons groei in hierdie verhouding en ons kan aan Hom verbind bly.

Week 4

Die Groot Ruiltransaksie

 Jesus het ons sonde op Hom geneem op die kruis en as gevolg van wat Hy vir ons gedoen het, het ons geregtigheid van Hom af ontvang. Ons sonde is geruil vir geregtigheid aan die kruis.


Week 5

Foto's van Verlossing - Deel 1

Daar is verskeie terme en name wat verskillende elemente van ons verlossing beskryf. Dit help ons om die omvang te begryp van wat Jesus vir ons gedoen het. Dit is soos verskillende foto's van dieselfde troue. Ons gaan na 6 verskillende elemente kyk. In hierdie studie kyk ons na die eerste 2 foto's.

Week 6

Foto's van Verlossing - Deel 2

Daar is verskeie terme en name wat verskillende elemente van ons verlossing beskryf. Dit help ons om die omvang te begryp van wat Jesus vir ons gedoen het. Dit is soos verskillende foto's van dieselfde troue. Ons gaan na 6 verskillende elemente kyk. In hierdie studie kyk ons na die laaste 4 foto's. 

Geestelike Reis

Die geestelike reis is 'n oefening wat jy kan deurwerk wat jou sal help bepaal hoe jy gekom het waar jy tans is in jou geestelike lewe. Wat is die positiewe en negatiewe dinge wat bygedra het tot waar jy jouself bevind? Hierdie oefening help jou ook om iets van jou getuienis te deel met ander.

Skrif Memorisering

Wat is die doel daarvan om versies te memoriseer? Watter waarde het dit vir my geestelike lewe? Miskien is dit die geestelike dissipline wat jou geestelike lewe na 'n nuwe dimensie kan neem.

Geestelike Bepaling

Die Geestelike Bepaling is 'n hulpbron om jou te help met ondersoek van jou eie lewe. Waar bevind jy jouself in jou geestelike lewe? Is jou hart waar dit moet wees. Dit is soos n foto wat jy neem op hierdie oomblik van jou lewe.