Ons sien uit dat jy wil deelneem aan ons 21 Dae van Vas en Gebed. Mag dit 'n reis saam met die Here  wees en mag Hy vir jou nuwe dinge van Homself en 'n nuwe visie vir die jaar openbaar. Die hart van hierdie 21 dae is om God en sy wil  vir ons lewens eerste te stel vir die jaar. Ons wil 'n groter honger skep vir God. Ons wil 'n fokus verskuiwing maak van dinge in hierdie wêreld na God. Ons wil proaktief wees en aanpassings maak in lyn met God se hart voordat die jaar en al sy dinge ten volle begin.
 

Ons hart vir die vas:

Hulpbronne om jou te help:

Wat is Vas?

Ons besef om te vas is vir baie mense iets nuuts en jy het dalk 'n paar vrae oor wat dit behels. Wat is vas? Hoe vas ek? Is daar verskillende tipes vas? Hoekom 21 dae?
Laai ons inligtingstuk af en lees daardeur om antwoorde op die mees algemene vrae te verkry.

Hoe om te Bid

Jesus se dissipels het Hom gevra om hulle te leer bid. Soms voel ons nie seker waar om te begin en wat om te bid en op watter manier om te bid nie. Ons wil jou graag help om te groei in jou gebedslewe in hierdie 21 dae. Kliek gerus op een van die onderstaande gids om jou te help in hierdie reis van gebed waar ons vir jou verskeie gebedsraamwerke verduidelik.

Hulpbronne om jou te help as ouer:

Ander Hulpbronne

Gebedstye

•Woensdae om 18h in die kerk
•Vrydae om 8h in die kerk
•Saterdae om 8h in kerk
•Saterdag 1 Februarie, 9h-10h in Jeugsentrum
•Donderdag 6 Februarie, 18h30, Lofprysing en Gebedsaand


Deel gerus jou gebedsversoek of getuienis met ons: