Kerk vir Almal

Nuutste Preek

Elkeen 'n iemand | Petrie Spies | Elkeen (Deel 2)

As Christene is elkeen van ons gered deur Iemand. Sodra ons gered word, word ons deel van die reddingspan. God gee ons spesifieke vermoëns en geleenthede om spesifieke mense op spesifieke plekke te bereik. Ons is gered vir 'n iemand, vir 'n iets, vir 'n iewers. Na wie stuur die Here jou? 

Dienstye

Sondagoggend
08:30 en 10:15

Sondagaand
18:30

Kom en geniet die dienste saam met ons!
Ons aanlyn dienste vind plaas via die Kerk Aanlyn platform en ons YouTube kanaal soos bogenoemde tye.

Wie is ons?

Welkom by Bloemfontein Baptiste Kerk, maak nie saak waar jy jouself in jou geestelike reis bevind nie. Of jy nuut tot kerk is en of jy miskien al vir baie jare 'n Christen is wat 'n vars begin wil maak, jy is meer as welkom by ons. Ons hoop dat jy hierdie gemeente as 'n plek sal ervaar waar jy 'n vars en genotvolle verbintenis met God en ander mense sal kan maak.

Ons het 'n App

Bly op hoogte met die nuutste preke en inligting.

Laai af