Tiener Onkologie Eenheid
Een van ons gemeente se diensareas is die Onkologie Eenheid (Sale 20 & 21) by die Nasionale Hospitaal.
Die behoefte van die Eenheid is (i) om twee ongebruikte enkelkamers te herstel en in te rig vir die spesifieke gebruik van tiener kankerpasiënte,
en (ii) om ‘n bestaande ongebruikte ruimte in te rig as ‘n veeldoelige vertrek wat kan dien as biblioteek, werkskamer, ontspanningslokaal, ens.
Ons het nou die punt bereik waar die Prov Dept van Gesondheid, toestemming gegee het vir die voorgestelde reparasies en veranderinge.
Die fondse hiervoor is reeds deur die gemeente se bestuurspan goedgekeur.
Ons wil baie graag mense/kontrakteurs vanuit ons gemeente betrokke kry om die werk te doen, eerder as om iemand van buite aan te stel.
Ons het gevolglik mense/kontrakteurs nodig vir die volgende:
(Druk op die onderstaande kategorie om meer inligting te kry)

Benodighede:
Professionele Dienste
Tuine van 2 binnehowwe
Ons wil graag die tuine van die 2 binnehowwe oor beplan, snoei, plante oor plant of skuif, ens. Kontak vir Hans vir meer inligting.
Vullisverwydering van tuin rommel
Voertuie/vragmotor om alles weg te ry na die verandering van die tuine.
Elektriese werk
Loodgieterswerk
Teëlwerk
Plafonne
Ingeboude Kaste
Verfwerk
Indien jy meer inligting wil hê kontak vir Hans van den Heever
Vir die kontrakwerk kontak vir Joe Marais
Hierdie vorm kan ingevul word of jy kan op die onderstaande knoppie druk