Kerk vir Almal

Nuutste Preek

Sout en Lig | Willie De Beer | Ons is die Kerk (Deel 1)

Ons as kerk word geroep deur Jesus persoonlik in Matteus 5:13-16 om die sout vir die aarde en lig vir die wêreld te wees. Jesus se opdrag is persoonlik gerig om mense wat vêr van ons af is (Lig) en naby ons (sout) te bemoedig met Hom. Hierdie opdrag, hoewel dit persoonlik van aard is, is nie ‘n private ding nie. As Christen word ons geroep om dit wat ons van Jesus ken, en leer ken te deel met die mense om ons. Daar is ook 2 waarskuwings in die gedeelte wat ons herinner dat ons slegs hierdie opdrag van Jesus kan uitleef indien ons in verhouding met hom bly leef. 

Dienstye

Hemelvaart Diens
9 Mei om 18:30

Sondag Oggend
08:30 en 10:15

Sondag Aand
18:30

Kom en geniet die dienste saam met ons!
Ons aanlyn dienste vind plaas via die Kerk Aanlyn platform en ons YouTube kanaal soos bogenoemde tye.

Nuut by Ons?

Welkom by Bloemfontein Baptiste Kerk, maak nie saak waar jy jouself in jou geestelike reis bevind nie. Of jy nuut tot kerk is en of jy miskien al vir baie jare 'n Christen is wat 'n vars begin wil maak, jy is meer as welkom by ons. Ons hoop dat jy hierdie gemeente as 'n plek sal ervaar waar jy 'n vars en genotvolle verbintenis met God en ander mense sal kan maak.

Ons het 'n App

Bly op hoogte met die nuutste preke en inligting.

Laai af