Preke

Sout en Lig | Willie De Beer | Ons is die Kerk (Deel 1) 

Ons as kerk word geroep deur Jesus persoonlik in Matteus 5:13-16 om die sout vir die aarde en lig vir die wêreld te wees. Jesus se opdrag is persoonlik gerig om mense wat vêr van ons af is (Lig) en naby ons (sout) te bemoedig met Hom. Hierdie opdrag, hoewel dit persoonlik van aard is, is nie ‘n private ding nie. As Christen word ons geroep om dit wat ons van Jesus ken, en leer ken te deel met die mense om ons. Daar is ook 2 waarskuwings in die gedeelte wat ons herinner dat ons slegs hierdie opdrag van Jesus kan uitleef indien ons in verhouding met hom bly leef.