Dress Up 2: Borsharnas van Geregtigheid


10 Februarie 2019

Baie Christene sukkel om vorentoe te gaan in hulle verhouding met God. Hulle sukkel met skuldgevoel en wonder of hulle goed genoeg is en of hulle nie ʼn bietjie harder moet probeer om God se guns te verdien nie. Hierdie is alles tekens dat hulle nie die borsharnas van vryspraak (geregtigheid) verstaan en benut nie en hulle bly dus nie staande op hulle pos nie. Vandag hanteer ons hoe jy dit verander.