Kies die Lewe – 1ste gebod


22 Januarie 2017
Hoekom wil God alleen gedien word? Wat beteken dit om God eerste in jou lewe te stel? Is Hy werklik die eerste en enigste God in jou lewe of is Hy net een van baie? Jesus het gekom om vir ons lewe in oorvloed te gee en daar is sekere dinge wat ons moet doen om hierdie lewe in oorvloed te ervaar. In hierdie preek hoor ons wat is die eerste en belangrikste en fundamentele ding wat ons moet doen.