Word ‘n Christen


calvaryOns glo dat die almagtige God en Skepper van die heelal, in ‘n persoonlike verhouding met jou wil tree!

En dit begin met Jesus.  Ons glo dat God sy Seun gestuur het om die straf te dra vir ons sondes sodat ons gered kan word van dit en die ewigheid saam met God kan spandeer.  Ons glo ook dat Jesus jou wil verander om meer soos Hy te word, en dit alles begin met ‘n keuse om jou lewe aan Hom oor te gee en om jou vertroue in Hom te sit as jou persoonlike verlosser.

“Ek is die weg, die waarheid en die lewe.  Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie”.  –  Johannes 14:6

salvation1 As jy die keuse gemaak het om Jesus te volg, of as jy nog vrae het daaroor, wil ons graag met jou praat daaroor en saam met jou bid.  Ons glo dat dit die grootste en beste besluit is wat jy ooit sal maak en daarom wil ons dit vir jou maklik maak.  Kontak ons gerus!

“As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word”.  –  Romeine 10:9

Kontak Ons