Hoe werk ons dienste?


Op ‘n gewone Sondag hou ons drie dienste in die hoof ouditorium om 08:30, 10:15 en 18:30. Die dienste bevat twee hoof aspekte, naamlik lofsang en die boodskap. Daar kan egter ook op sekere Sondae spesiale geleenthede plaasvind soos dope, baba toewydings en nagmaal, wat ons saam met die hele gemeente wil vier. Die dienste woord ook via Kerk Aanlyn en YouTube ge-stream oor die internet. Na die dienste is daar koffie en beskuit beskikbaar, gratis, en die geleentheid om te kuier en mense te leer ken. ‘n Groot deel van kerk is om mekaar lief te ken, lief te hê en die lewe saam te doen. Daarom skep ons baie geleentheid vir lede, vriende en besoekers van die gemeente om mekaar beter te leer ken.

Daar is ook tydens die oggend dienste kinderbedienings vir verskillende ouderdomsgroepe in die ander fataliteite:

By die speelpark is daar is daar toesig vir klein kinders (2-3 jaar) met helpers wat regstaan om die kleingoed besig te hou terwyl hulle ouers by die kerk is. Daar is ook geriewe vir ouers om te kyk na die diens as hulle nie hulle ‘n ogie wil hou oor hulle kinders.

In die Klein Kerkie bied ons ‘n diens aan spesifiek vir kleuters (4-6 jaar) wat hulle van Jesus en die Bybel leer. Die lesse word op ‘n manier aangebied wat gemik is op kleuters, interaktief is, en boonop ‘n groot klomp pret is.

Kinderkerk (Gr. 1-5) vind plaas in die jeugsentrum waar Annette en haar span energieke vrywilligers met ‘n passie vir kinders en Jesus, graag jou kind van Jesus wil vertel. Kinders kom bymekaar in ‘n groot groep vir die les, en daarna deel hulle op in groepies vir ‘n meer persoonlike bespreking oor die les materiaal.

In die een kant van die Timoteus Saal bied John en sy helpers Draaipunt aan vir gr. 6 en 7  leerders. Hier leer kinders wat dit beteken om ‘n dissipel van Jesus te wees as ‘n jong tiener. Dit kan partykeer ‘n baie deurmekaar tyd in kinders se lewens wees met baie veranderinge, en by Draaipunt wil ons ‘n omgewing skep waar hulle kerk kan ervaar op ‘n manier wat vir hulle lekker is en waar hulle welkom kan voel.

Aan die anderkant van die Timoteus saal bied Willie Bybelskool aan vir hoërskool leerders, en hulle fokus daarop om tieners ‘n vaste, Bybelse fondasie te gee wat hulle regmaak om die uitdagings wat die wêreld bied te trotseer.

 

Kontak Jaques by jaques@kerk.co.za vir meer inligting.