Vind Jou Geluk in Jesus


14 April 2019

Het jy al ooit gewonder waarom God vir ons soveel emosies gegee het om te kan ervaar? Kom saam met Bert op ‘n ontdekkingsreis waar hy vir die Snasse leer wat die Bybel sê oor verskillende emosies. Ek is wie God sê ek is en ek kan die emosies wat ek gekry het gebruik om vir meer mense van Jesus te vertel.

SonnnieSnas het hierdie week geleer dat Sy haar geluk in Jesus moet vind. Sy het besef dat dinge wat haar gelukkig maak soos ‘n lekker roomys of ‘n vakansie by die see, net vir ‘n rukkie kan hou, omdat dit dinge van hierdie aarde is. SonnieSnas mag dalk gister bly gewees het oor die roomys wat sy gekry het, maar sy is van nou af elke oomblik van haar lewe bly oor die Goeie Nuus wat Sy van Jesus gekry het.

Kinderkerk Les

Kleuterkerk Les