Efesiërs 6


Lees hoofstuk 6

Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug. EFESIËRS 6:10-12

Hoe stap ons dan nou in geloof? Hoe lewe ons dan nou volgens die wil van die Here? Hoe bly ons stande in ‘n wêreld wat vergaan. In hierdie hoofstuk herinner Paulus ons dat daar is ‘n geveg. Die duiwel sal alles in sy vermoëns doen sodat ons nie by die Here bly nie, sodat ons nie stande bly nie, maar eerder saam met die stroom gaan. Die enigste manier hoe ons hierdie lewe kan leef soos die Here dit wil, is om dit saam met die Here te doen. Ons sê ons doen die lewe saam met die Here maar tog soms as ons eerlik is, lig ons eintlik net die Here in op wat ons reeds besluit het.

God die Vader, wat ALLES geskep het, se Gees leef in ons, die Heilig Gees, die Helper, wanneer ons Sy kind geword het, en dit is Hy wat ons kom help om te leef en te ervaar so dit God die Vader se wil is. Daarom is dit belangrik om saam die Here deur elke dag te leef. Hy wil jou God wees, wat jou wil help, beskerm, lief hê en lei, maar dit is jy wat Hom moet kies. Kies dan dat Hy jou God moet wees, elke dag!


 Die wapenrusting begin by die gordel van waarheid, wat is die waarheid wat jy reeds weet van die Here?

 Wat kan jy vandag prakties doen as teken dat jy saam met die Here vandag wil leef?

Download in PDF formaat