Efesiërs 5


Lees hoofstuk 5.

Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ‘n offergawe gegee het, ja, ‘n offer wat vir God aanneemlik was.
EFESIËRS 5:2

As Christen hoor ons baie hierdie beginsel van sout vir die aarde en lig vir die wêreld, maar het jy al ooit gewonder wat die regtig beteken en of jy dit doen?
Ons word ook baie herinner dat ons, as kind van God, mense moet lief hê soos die tweede gebod ons ook leer. Die vraag is dan: “Is daar ʼn ooreenstemming tussen om in die lig te leef en om in liefde te leef?”

Die Bybel leer ons dat Jesus het na diè donker wêreld toe gekom om vir ons die lig te wees en saam met dit het Hy ook kom wys dat Hy vir ons lief is, deur Sy lewe te gegee het. Deur in die lig te lewe is om volgens die wil van die Here te leef, maar een van die maniere wat die wêreld hierdie lig sal herken is deur ons liefde vir die mense in hierdie donker wêreld.


 Aan wie dink jy as jy dink aan iemand wat die liefde van die Here uitleef?

 Wat is dit wat die persoon doen wat jou herinner aan die Here?

 Op watse manier kan jy vandag leef sodat mense sal weet dat jy die Here dien?  Op watse manier wil jy vandag meer volgens die wil van die Here leef?

Download in PDF formaat