4.1 Die Derde Persoon


Laai Sessie 1 se Raamwerk af

Opdragte vir die Week:

 

LAAI DIE LEIERSGIDS AF

Oefeninge:

  • Hersien die Memoriseervers vir die week.

Bespreking:

  • Bespreek in kort die uitleg van die raamwerk wat ons gebruik indien daar enige nuwe persone bygekom het in die GROEP. Maak seker hulle verstaan die verskillende elemente en raai hulle aan om die video te gaan kyk wat die raamwerk in detail verduidelik.
  • Bespreek een of twee van die Geestelike Waarhede of Redigering en Toepassing vrae.
    • Maak seker dat almal verstaan dat die Heilige Gees ten volle God is asook ‘n Persoon. Hy is nie ‘n krag, of wind, of vuur nie.
    • Maak ook seker dat almal verstaan dat die Heilige Gees van nog altyd af bestaan.
  • Bespreek een of twee van die Ondersoek vrae.
  • Indie Evangelie en Missie gedeelte kan jy die drie vrese aan die persone verduidelik sowel as die “Engel” Skaal. Help ook dat die persone kan onderskei wie op hulle gebedslys al op die skaal is en wie nog nie is nie, sodat hulle spesifieke dinge kan bid vir daardie mense.
  • Deel met mekaar wat is die Een Tree wat julle sal wil gee na hierdie studie.
  • Sluit saam af in gebed en Praat met God.

LAAI DIE MP3 AF