2.4 ‘n Opleidingsentrum


Laai Week 4 se Raamwerk af

Opdragte vir die Week:

  • Maak seker jy ken die boeke van die Nuwe Testament.
  • Neem ‘n gebedswandel die week.

 

LAAI DIE LEIERSGIDS AF

Oefeninge:

  • Hersien die Memoriseervers vir die week.
  • Hersien die boeke van die Nuwe Testament. Reël met een of twee persone in die groep wat dit vir jou in die groepstyd kan opsê.

Bespreking:

  • Bespreek een of twee van die Geestelike Waarhede of Redigering en Toepassing vrae. Jy as leier kan ook gerus na die video oor Geestelike Gawes gaan kyk om vir jou ‘n agtergrond te gee oor gawes indien daar dalk ‘n vraag of twee opduik. Moet egter nie dat daar ‘n stryery oor gawes ontstaan nie omdat verskeie mense baie sterk opinies oor gawes het. Die doel wat onthou moet word is dat gawes deur God gegee word aan persone soos Hy wil en die doel is nie om jou geestelike volwassenheid te meet nie, maar dit is gegee om die liggaam op te bou en die evangelie en liefde van God te versprei. Ons vorm almal deel van die liggaam en het nodig om te ontdek hoe God ons gemaak het en hoe Hy ons wil gebruik in sy liggaam.
  • Bespreek een of twee van die Ondersoek vrae.
  • Uit die Evangelie en Missie gedeelte bespreek die mense se ervaring met die gebedswandel.
  • Vra elkeen wat sy/haar Een Tree gaan wees vir hierdie week na aanleiding van julle gesprek. Verduidelik aan almal in jou groep dat die doel is om iets spesifiek en meetbaar te doen wat julle volgende week kan evalueer.
  • Sluit saam af in gebed en Praat met God.

LAAI DIE MP3 AF

Geestelike Gawes:

LAAI DIE MP3 AF