1.1 Die Begin van die Storie


 Laai Week 1 se Raamwerk af

Opdragte vir die Week:

 

LAAI DIE LEIERSGIDS PDF AF

Oefeninge:

  • Hersien die Memoriseervers vir die week.
  • Deel jou eie Geestelike Reis met die groep. Vra ook vir 1 of 2 persone wat die volgende week hul Geestelike Reis sal kom deel.

Bespreking:

  • Bespreek die rede agter die verskillende geestelike dissiplines – veral hoekom ons versies memoriseer. Moedig jou groep aan om gereeld deur die week die versie te hersien sodat hulle die waarde daarvan kan ontdek.
  • Bespreek een of twee van die Geestelike Waarhede of Redigering en Toepassing vrae.
  • Verduidelik aan jou groep die konsep van ʼn lewe van missie. Herinner hulle dat die doel van al die verskillende elemente van die raamwerk is om hulle te help om volwasse en toegeruste volgelinge van Jesus te word in hierdie donker wêreld. Jesus se missie is om die goeie nuus aan die hele wêreld bekend te maak deur woord (die deel van die evangelie deur woorde) en daad (die demonstrering van die evangelie). Die doel van die Evangelie en Missie gedeelte in die raamwerk is om mense te help om die Geestelike Waarhede, Redigering en Toepassing, Ondersoek en Praat met God te transformeer in ʼn lewe van missie en omgee.
  • Verduidelik aan jou groep hoe die Evangelie en Missie gedeelte in die toekoms gaan ontwikkel.
  • Bespreek geestelike verantwoordbaarheid (“accountability”) – die rede vir die Ondersoek Help hulle om die verantwoordbaarheid te verstaan en te waardeer. Hulle kan dalk angstig voel om direkte vrae gevra te word. Bevestig dat besprekings in die groep vertroulik is en die doel daarvan bemoediging is – nie om hulle skaam of skuldig te laat voel nie.
  • Vra elkeen wat sy/haar EEN TREE gaan wees vir hierdie week na aanleiding van julle gesprek. Verduidelik aan almal in jou groep dat die doel is om iets spesifiek en meetbaar te doen wat julle volgende week kan evalueer.
  • Sluit saam af in gebed en bid ook vir mekaar oor die verskillende dinge wat uitgekom het uit julle gesprek.

 

LAAI DIE MP3 AF