Inleiding


Opdragte vir die Week:

 

LAAI DIE LEIERSGIDS PDF AF

Bespreking:

  • Matteus 28:19-20
    • Jesus sê ons moet dissipels gaan maak – wat is ʼn dissipel?
    • Hoe maak ʼn mens dissipels – hoe gaan jy weet as jy gehoorsaam was aan hierdie opdrag?
    • Wat dink jy van hierdie stelling: “Dit is moontlik om in Jesus te glo en Hom nie te volg nie. Dit is selfs moontlik om ʼn goeie kerklidmaat te wees en nie regtig vir Jesus te volg nie.”
    • Wat is jou definisie van dissipelskap?

 

  • Die rede hoekom ons hierdie vra vrae is dat ons sal dink waarnatoe ons as groep werk
    • As ons ʼn prentjie het van wat ʼn dissipel is, dan help dit ons besef waaraan ons moet werk en wat nodig is.
    • Definisie vir ons doeleindes met die gebruik van die GROEPE Raamwerk: ʼn Dissipel is iemand wat Jesus volg. Dit is iemand wat Jesus se woorde glo, dieselfde karaktereienskappe van Jesus ten toon stel en wat gehoorsaam is aan Jesus se opdragte.
    • Definisie: Dissipelskap is die proses waar ons as volgelinge van Jesus by mekaar leer soos ons saam vir Jesus volg.

 

  • Johannes 15:7-14
    • v7: Bly in Jesus en sy Woorde in jou – Geestelike Waarhede en Praat met God
    • v8: Verheerlik die Vader – Redigering en Toepassing
    • v8: Dra vrug – Redigering en Toepassing
    • v10 en v14: Wees gehoorsaam aan Hom en sy opdragte – Ondersoek en Een Tree
    • v12: Wees lief vir ander mense – Evangelie en Missie
    • v11: Volkome Blydskap

 

LAAI DIE MP3 AF